judge me by (some of) the
companies I keep

Afrikaans

Stef in Afrikaans

 

 

“Beslis die beste Afrikaanse aanbieding wat ek nog bygewoon het oor wisselwerking tussen selfbeeld en effektiwiteit.  Die aanbieding is hoogs professioneel, beskik oor ‘n wye verwysingsveld en verval hoegenaamd nie in esoteriese sentimentaliteit nie.  Almal van ons, vanaf topbestuur tot heel onder, het waaragtig ‘n behoefte om aan so ‘n voordrag blootgestel te word.”

Prof Flip Strydom, Geletterdheidshoof, Stigting vir Afrikaans

 

Ek konsulteer, praat en bied opleiding aan in die veld van persoonlike effektiwiteit, spanwerk en leierskap. Ek is bevoegd om myself as kenner op hierdie gebied voor te hou weens eie ervaring: ek was die bevelvoerder van ‘n valskerm battaljon, met die rang van luitenant kolonel. Daarna was ek streekbestuurder van Ou Mutual se kampioenstreek. Dit het gelei tot ‘n uitnodiging om as gasspreker op te tree en oor die afgelope 15 jaar staan ek voltyds in hierdie beroep. Ek het myself ook akademies bekwaam as kenner deur 'n meestersgraad in persoonlike en professionele leierskap aan die RAU met lof te verwerf.

 

Ek tree węreldwyd op, en het tot op datum sowat 3 000 professionele aanbiedings gemaak. Onder andere het ek as gasspreker opgetree by van die węreld se mees gesogte konferensies. Ek werk vir die afgelope jaar een week ‘n maand in Engeland, met die Acadamy of Chief Executives – en is huidiglik hulle top spreker uit ‘n totaal van 150 sprekers.  Ek is tans die president van die “National Speakers Association of South Africa”, en was onlangs een van slegs 10 sprekers by die węreld se heel eerste “Global Speakers Summit”, gekies uit ‘n totaal van 5 000 lede węreldwyd. Veral in hierdie bedryf is eweknie-erkenning die hoogste kompliment.   

 

Ek bied ook langtermyn ontwikkelingsprogramme aan saam met ‘n tiental assosiate – elk met minstens ‘n meestersgraad in leierskap. As voorbeeld: Goldfields, die węreld se derde grootste mynhuis, is al vir meer as 'n dekade ‘n kliënt, waar ek tot op direksievlak ontwikkeling fasiliteer. Inteendeel: een van die kursusse wat ek by Goldfields aangebied het, het sulke opslae gemaak, dat Presisdent Thabo Mbeki persoonlik besoek kom aflę het om te sien waarmee ons doening is.  

 

 

Landbou en die Boeregemeenskap

 

Alhoewel ek hoofsaaklik in Engels aanbied, is ek vlot tweetalig en bied gereeld in Afrikaans aan. Ek het al baie werk in die landbou-industrie gedoen, veral met bestuursgroepe van koöperasies en met boere – altyd met groot lof. Klante sluit in GWK, Illovo Suiker, Aartappels Suid Afrika, Weskaap Handelaarsraad, Wildeklawer Boerdery (die grootste aartappelprodusent in die land),  Sentrasure, Vars Produsenteraad, Boland Bank se kliente, Sentraboer, Mango Produsenteraad, Clover, en Senwes, en verskeie vleisprodusente. Inteendeel – ek het vir eienaar-boer Louis de Kok op Wildeklawer Boerdery werk gedoen met sy bestuurspan en agente, waarna hy so ingenome was dat hy my ook gekontrakteer het om met die Griekwa Rugby Unie werk te doen nadat hy as borg oorgeneem het.

 

Hier volg ‘n paar opmerkings wat my vermoee as Afrikaanse aanbieder bevestig, en ook beaam dat ek aanklank vind by julle tipe gehoor:

 

“Hiermee wil ek jou hartlik bedank en terselfdertyd ook baie gelukwens met die besondere wyse waarop jy tydens ons onlangse konferensie te Gariep Dam opgetree het.  Jou voorlegging was uit die boonste rakke en het almal baie gemotiveer en geinspireer om nuwe hoogtes in hul loopbane te bereik.  Die spontane staande ovasie wat jy ontvang het is ‘n duidelike bewys hiervan.”’

James Hogg, Hoofbestuurder, Sentrasure

 

“Ek was in die gelukkige posisie om by verskeie geleenthede, op verskeie vlakke, aan gassprekers blootgestel te word met uiteraard, verskeie vlakke van gehalte van sprekers.  Sonder vrees vir teenspraak sal u bydrae tydens die Nasionale Landbou Adviseursgilde uitstaan as, nie net die beste wat ek nog gehoor het nie, maar ook die totale hoogtepunt van die kongres.”

Gerrie Roetz, President, Landbouadviseursgilde